onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

Wat is ‘n tweedegenerasie-speltoetser?

ʼn Tweedegenerasie-speltoetser kan ingewikkelde prosesse soos morfologiese analise toepas om woorde te evalueer. Ander (eerstegenerasie) speltoetsers, evalueer bloot jou spelling deur die woorde te vergelyk met ʼn woordelys.

Afrikaanse SkryfGoed is tans die enigste tweedegenerasie-speltoetser vir Afrikaans. Dit gee goeie voorstelle en alternatiewe vir spelfoute, herken outomaties nuwe samestellings en verbuigings van woorde. Dit maak hierdie speltoetser voorwaar ʼn effektiewe skryfhulpmiddel.