Lees deur die onderstaande aanwysings of kyk die video vir algemene fout oplossing met SkryfGoed 6.
Video aanwysings
Teks aanwysings
SkryfGoed 6 funksioneer as ʼn hulp program vir Microsoft Office produkte. Sien hiermee die hulpgids vir die mees algemene redes hoekom SkryfGoed 6 nie funksioneer nie. SkryfGoed 6 het hoofsaaklik 4 funksies wat verrig word. Spelling, Sinonieme, Grammatika en blad uitleg.
Bevestig dat SkryfGoed 6 geïnstalleer is. Volg die onderstaande stappe.
- Kliek op die Windows Start knoppie ⊞ Win
- Soek “Control Panel” en maak Control Panel oop.
- Op Control Panel, kategoriseer die uitleg deur om “View by” aan te pas na “Category” Die opsie sal jy vind heel bo op Control Panel.
- Kliek nou op “Uninstall a Program”
- Jy sal nou sien dat al die programme op jou toestel hier gelys word, kontroleer hier deur en bevestig dat SkryfGoed 6 geïnstalleer is.
As SkryfGoed 6 nie geïnstalleer is nie moet jy eers SkryfGoed 6 installeer voor jy kan toets dat hy funksioneer.
Toets SkryfGoed 6 in Microsoft Word.
- Kliek op die Windows Start knoppie ⊞ Win
- Soek “Word” en maak Word oop.
- Skep ʼn blank dokument.
- Voeg die volgende teks met foute op jou Word dokument in.
- Toets
- Twee
- Drei
- Fuot
- Selekteer die teks in jou dokument.
- Kliek op die “Review” tab op jou Word Ribbon heel bo gelys.
- Kliek op “Language”
- Kliek dan op “Set Proofing Language”
- In hierdie venster kies jy Afrikaans as proef taal en voor jy “OK” druk maak seker die twee checkboxes onder op die venster unchecked is (sien hieronder gelys). Gaan voort en druk “OK”
- “Don not check spelling and grammar”
- “Detect language automatically”
- Die teks met foute sal nou met rooi onderstreep word.
- Druk met die regter muis knoppie op die foute onderstreep in rooi en maak die twee foute reg.
Het jy al ons VVV’s of Hulpgids gelees vir ‘n moontlike oplossing vir jou probleem?