onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse tale

Die speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale het ‘n reusagtige bywerking ondergaan. Die Afrikaanse speltoetser en woordafbreker is nou by die pakket met die nege ander amptelike Suid-Afrikaanse tale ingesluit.

Hierdie projek is deur SADiLaR befonds. Hierdie weergawe van die programmatuur kan gratis afgelaai en gebruik word.

Besoek hulle webwerf vandag nog om ál jou woorde met die splinternuwe speltoetsers vir die Suid-Afrikaanse tale af te stof en laai die program gratis af.

* SADiLaR is ʼn navorsingsinfrastruktuur wat deur die Departement van Wetenskap en Innovasie (DSI) van die Suid-Afrikaanse regering gestig is as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsinfrastruktuur padkaart (SARIR).

‘n Versameling van tien speltoetsers en woordafbrekers vir die volgende Suid-Afrikaanse tale: Afrikaans, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Sesotho sa Leboa, Setswana, Siswati, Tshivenḓa en Xitsonga.

Hierdie speltoetsers is ontwerp vir gebruik saam met Microsoft® Office 365, Microsoft® Office 2019 of Microsoft® Office 2016. Die installasie is eenvoudig en bystand is telefonies beskikbaar.

SKU: SFT5804 kategorieë

Beskrywing

CTexT® Speltoetsers en Woordafbrekers vir Suid-Afrikaanse Tale

‘n Versameling van tien speltoetsers en woordafbrekers vir die volgende Suid-Afrikaanse tale: Afrikaans, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Sesotho sa Leboa, Setswana, Siswati, Tshivenḓa en Xitsonga.

Hierdie speltoetsers is ontwerp vir gebruik saam met Microsoft® Office 365, Microsoft® Office 2019 of Microsoft® Office 2016. Die installasie is eenvoudig en bystand is telefonies beskikbaar. Uitgebreide navorsing deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit sal verseker dat speltoetsing en woordafbreking soos ‘n droom binne die grense van elke taal se standaard geskrewe vorms sal geskied.

Eienskappe

  • Maklike installasie in Engels;
  • Toets spelling binne die grense van die taal se standaard geskrewe vorms;
  • Omvattende woordeskat;
  • Woordafbreking;
  • Gegrond op uitgebreide navorsing deur CTexT®

Minimum Stelselvereistes

‘n Volledige PR (persoonlike rekenaar) toegerus met:
Microsoft® Windows 11, 10, 8 of 7
EN
Microsoft® Office 365, Microsoft® Office 2019 of Microsoft® Office 2016.

Medewerkers:
Prof. SE Bosch (isiZulu)
Dr. PM Lubisi (Siswati)
Mnr. M Mahanke (Sesotho)
Mev. S Mahlangu (isiNdebele)
Mnr. H Mashele (Xitsonga)
Mnr. NA Mphanya (Sesotho)
Mev. K Podile (isiXhosa)
Prof. DJ Prinsloo (Sepedi)
Mev. T Tlou (isiZulu)
Mev. T Tsambo (Setswana)
Mnr. S Tshikota (Tshivenḓa)

Content missing