’n Speltoetser is ’n skryfhulpmiddel en kan nooit die kreatiwiteit, aanvoeling en kennis van ’n mens vervang nie. Die vermoë van die Speltoetser is dus beperk.
Hierdie Speltoetser beskik onder andere oor die volgende vermoëns:
- Dit herken meer as 460 000 Afrikaanse woorde. Hierdie woorde sluit die volgende in:
- algemene woorde (soos man, mans, mannetjie, beman, bemanning)
- algemene samestellings (soos boekrak, tuinslang, gloeilamp)
- vaktaal (met spesifieke verwysing na chemie-, statistiek-, psigologie-, sterrekunde-, regs- en ekonomieterme)
- eiename (soos voorname, vanne en plekname)
- woorde uit ander tale (soos rendezvous, ghoelasj, eisteddfod), en
- afkortings en akronieme (soos d.m.v. of Sanlam).
- Dit herken en korrigeer spel- en tikfoute wat dikwels voorkom (soos duer i.p.v. deur, of interesant i.p.v. interessant)
- Dit analiseer nuwe samestellings (soos skootrekenaarmodem)
- Dit kan (kreatiewe) verbuigings en uitbreidings van woorde analiseer (soos katterigheid)
- Dit analiseer woorde waarin syfers voorkom (soos 4×4-voertuig)
- Dit herken woorde wat in HOOFLETTERS geskryf is (soos VROU, PRETORIA)
- Dit gee suggesties (alternatiewe) vir woorde wat nie herken word nie.
- Dit stoor onbekende woorde (wat jy dink korrek gespel is) in ’n aparte woordeboek en gee ook suggesties uit dié woordeboek.