onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

Stuur jou woordeboek vir ons

Die leksikon sal seker nooit heeltemal klaar wees nie! Ons weet dat daar baie woorde is wat die Speltoetser nog nie herken nie. Ons doen gereeld ’n bywerking (update) van die Speltoetser se leksikon (woordeboek) om byvoorbeeld voorsiening te maak vir nuwe woorde, vakterme en afkortings. Jy kan ook help om ons leksikon te vergroot deur daardie woorde in jou eie woordeboek elke nou en dan vir ons te stuur sodat ons jou woorde in toekomstige weergawes van die Speltoetser se leksikon kan bywerk.

  • Afhangende van jou rekenaar se opstelling, lê jou woordeboek min of meer op die volgende plek:

Windows® 7 Windows® 8 en Windows® 10:

C:\Users\User\AppData\Roaming\Microsoft\UProof
(Vervang “User” met die gebruikersnaam waarmee jy op die rekenaar aangeteken is.)

  • Stuur jou custom.dic vir ons na ctext@nwu.ac.za en ons sal dan die woorde vir bywerking in ’n volgende projek in oorweging neem.