onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

Stel Afrikaans as verstektaal in vir jou rekenaar

Vir instruksies oor hoe om jou rekenaar se verstektaal (default language) na Afrikaans te stel, kies die weergawe van Windows® wat jy gebruik:

Windows® Vista®
  • Klik op Start → Control Panel → Regional And Language Options (Clock, Language, and Region) → Formats.
  • Kies Afrikaans as Current Format.
  • Klik op OK.
Windows® 7
  • Klik op Start → Control Panel → Region and Language → Formats.
  • Selekteer jou voorkeurtaal onder Format.
  • Klik op OK.
Windows® 8
  • Klik op Settings in die kieslys wat verskyn wanneer jy jou muis regs bo in die hoek hou. Klik nou op Control Panel → Clock, Language and Region (Change date, time, or number formats) → Formats.
  • Selekteer jou voorkeurtaal onder Format.
  • Klik op OK.
Windows® 10
  • Klik op Settings in die kieslys wat verskyn wanneer jy op Start klik. Klik nou op Time & Language → Region & Language.
  • Klik op Add a language. Kies dan Afrikaans.
  • Klik op Afrikaans en dan op Set as default.
  • Klik op OK.