onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

“Spelling & Grammar”-instellings

Toeligting by “Spelling & Grammar”-instellings

In hierdie afdeling word elke opsie oorsigtelik verduidelik, en instruksies vir die verstelling daarvan verskaf. Lees dit gerus aandagtig deur, aangesien daar verskeie instellings ter sprake kom wat jou interaksie met CTexT® Afrikaanse SkryfGoed 6 kan verbeter.

Nota: Let daarop dat die opsiename in verskillende weergawes van Microsoft® Office effens kan verskil.

Vir die Speltoetser:

  • Ignore words in UPPERCASE: Die Speltoetser kan woorde wat in HOOFLETTERS geskryf is, kontroleer (ook eiename, soos PRETORIA). Indien hierdie opsie geselekteer word, sal sulke woorde egter nie gekontroleer word nie.
  • Ignore words that contain numbers: Die Speltoetser kan woorde wat met syfers gekombineer word, herken (soos byvoorbeeld A4-papier of .38-rewolwer). Indien jy nie tevrede is met die manier waarop die Speltoetser sodanige woorde hanteer nie, skakel die funksie af deur in die blokkie te klik.
  • Ignore Internet and file addresses: Dit is raadsaam om hierdie opsie te selekteer. Die Speltoetser beskik nie oor die vermoë om webadresse korrek te analiseer nie. Indien jy nie die opsie selekteer nie, gaan alle webadresse as foutief gemerk word.
  • Flag repeated words: Die herhaling van ’n woord word in baie tale as ’n fout beskou en daarom word herhaling normaalweg as ’n fout beskou. In Afrikaans kan herhalende woorde egter algemeen voorkom (soos Ken sy sy naam?) en daarom is dit raadsaam om hierdie opsie af te skakel.
  • Suggest from main dictionary only: Kies dié opsie as jy nie wil hê dat die Speltoetser ook jou pasmaaktwoordeboek (custom dictionary) moet gebruik om suggesties te verskaf nie.
  • Check spelling as you type: As hierdie opsie gemerk is, sal jou spelling deurentyd getoets word. As jy die rooi skriewel wat spelfoute aandui wil versteek, of jy werk op ’n stadige rekenaar, kan jy hierdie funksie afskakel en weer aanskakel wanneer dit jou pas.

Vir instruksies oor hoe om hierdie instellings te maak, kies die weergawe van Microsoft® Office wat jy gebruik:

Microsoft® Office 2007
  • Klik op die Office-knoppie links bo in die hoek.
  • Klik op Word Options regs onder.
  • Gaan klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
  • Klik op die AutoCorrect Option-knoppie bo in die middel AutoFormat As You Type-duimgids.
  • Klik in die blokkie langs Internet and network paths with hyperlinks, sodat daar ’n regmerkie verskyn
  • Klik op OK.
  • As jy klaar op OK geklik het, sal jy die Word Options-venster sien.
  • Maak die verstelling wat jy wil onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.
  • Klik op OK.
Microsoft® Office 2010
  • Klik op File links bo in die hoek.
  • Klik op Options links onder.
  • Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
  • Klik op die AutoCorrect Option AutoFormat As You Type-duimgids.
  • Klik in die blokkie langs Internet and network paths with hyperlinks, sodat daar ’n regmerkie verskyn.
  • Klik op OK.
  • Die Word Options-venster sal verskyn..
  • Maak die nodige verstellings onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.
  • Klik op OK.
Microsoft® Office 2013
  • Klik op File links bo in die hoek.
  • Klik op Options links onder.
  • Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
  • Klik op die AutoCorrect Option AutoFormat As You Type-duimgids.
  • Klik in die blokkie langs Internet and network paths with hyperlinks, sodat daar ’n regmerkie verskyn.
  • Klik op OK.
  • Die Word Options-venster sal verskyn.
  • Maak die nodige verstellings onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.
  • Klik op OK.
Microsoft® Office 2016

Microsoft® Office 2019 / 365

Vir die Grammatikatoetser:

  • Use contextual spelling: As die opsie gemerk is, sal die Grammatikatoetser toets dat woorde wat dikwels verwar word (soos pyl en peil) korrek gebruik word.
  • Mark grammar errors as you type: Kies dié opsie as jy wil hê dat die grammatika en styl van jou dokument getoets moet word terwyl jy tik.
  • Check grammar with spelling: Wanneer jy spelling kontroleer (deur F7 te druk), kan jy besluit of jy terselfdertyd die grammatika ook wil nagaan of nie. As jy verkies dat alles gelyktydig gebeur, kan jy hierdie blokkie merk.
  • Show readability statistics: Leesbaarheidstatistiek verwys na die leesbaarheid van ’n dokument. Dit word bereken op grond van faktore soos woord- en sinslengte. Hierdie opsie is nog nie beskikbaar in hierdie weergawe van die Grammatikatoetser nie.

Vir instruksies oor hoe om hierdie instellings te maak, kies die weergawe van Microsoft® Word wat jy gebruik:

Microsoft® Word 2007
  • Klik op die Office-knoppie links bo in die hoek van Word.
  • In die venster wat verskyn, klik op Word Options regs, heel onder.
  • Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste lys (sien illustrasie hierbo).
  • Bring die nodige verstellings aan onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.

Nou kan jy verdere verstellings maak na gelang van die grammatika- en stylopsies wat jy in die Grammatikatoetser wil aktiveer.

  • Klik op die Settings-ikoon onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.
  • Klik op OK.
  • Klik weer op OK.
Microsoft® Word 2010
  • Klik op die File links bo in die hoek
  • Klik op Options links onder.
  • Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
  • Bring die nodige verstellings aan onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.

Nou kan jy verdere verstellings maak na gelang van die grammatika- en stylopsies wat jy in die Grammatikatoetser wil aktiveer.

  • Klik op die Settings-ikoon onder die opskrif When correcting spelling and grammar in Word.
  • Klik op OK.
  • Klik weer op OK.
Microsoft® Word 2013
  • Klik op die File links bo in die hoek.

Microsoft® Word 2016

Microsoft® Word 2019 / 365