Daar is ’n bestaande haakplek in Microsoft® PowerPoint wat die enkelaanhalingskarakter verkeerd hanteer. Die volgende stappe kan gevolg word om dit reg te stel:
- Klik op File links bo in die hoek.
- Klik op Options links onder.
- Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
- Klik op die AutoCorrect Option-knoppie bo in die middel → AutoFormat As You Type– duimgids.
- Klik in die blokkie langs “Straight quotes” with “Smart quotes”, sodat daar nie ’n regmerkie verskyn nie.
- Klik op OK.