Nadat die taal vir ’n bepaalde dokument na Afrikaans gestel is, kan die Tesourus op een van drie wyses geaktiveer word om sinonieme te verskaf.
In Microsoft® Office 2007, Microsoft® Office 2010, Microsoft® Office 2013, Microsoft® Office 2016, Microsoft® office 2019 en Microsoft® office 365 sal daar ’n venster aan jou regterkant bykom.
- Verlig die woord of staan met die wyser in die woord en druk Shift-F7.
Of - Regsklik op ’n woord en kies Synonyms uit die vertoonvenster. Hierdie opsie gee wel nie die hele tesourusinskrywing nie, maar slegs die eerste agt inskrywings.
Of - Vir Microsoft® Office 2007, Microsoft® Office 2010, Microsoft® Office 2013, Microsoft® Office 2016, Microsoft® office 2019 en Microsoft® office 365: Verlig die woord en klik op Review → Thesaurus.