onderhou deur BlueTek

+27 (18) 297 0164 verkope@spel.co.za

Bestaande haakplek in Microsoft® PowerPoint 2010+

Daar is ’n bestaande haakplek in Microsoft® PowerPoint 2010 wat die enkelaanhalingskarakter verkeerd hanteer. Die volgende stappe kan gevolg word om dit reg te stel:

  • Klik op File links bo in die hoek.
  • Klik op Options links onder.
  • Klik op die Proofing-duimgids in die linkerkantste boksie.
  • Klik op die AutoCorrect Option-knoppie bo in die middel → AutoFormat As You Type– duimgids.
  • Klik in die blokkie langs “Straight quotes” with “Smart quotes”, sodat daar nie ’n regmerkie verskyn nie.
  • Klik op OK.